Een zuid-afrikaanse preek
Een zuid-afrikaanse preek
Wat vinden jullie van de onderstaande preek? Kwam ik net tegen op zuid-afrikaanse website.
Ds. C. Kleijn - Sondag 21 Desember 2003
Lees: Jesaja 11.
Sing: Ps. 96:1,2; Ps. 139:1,12; Ps. 72:1,2; SB. 16:1,4-6; Ps. 96:6-8.
Tema: Die Koning op die troon van Dawid kom as Regter.
Hy is ’n volmaakte regter;
Hy is ’n bevrydende regter; en
Hy is ’n regverdige regter.
--------------------------------------------------------------------------------
Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,
Rondom die Kersdag is daar altyd die neiging om Jesus Christus voor te stel as ’n lieflike persoon. ’n Mens hoor niks anders as woorde van liefde en vrede wat Hy kom bring. In die huise en in die winkelsentra word ’n romantiese sfeer geskep. Dit word gesien as ’n fees van liefde en vrede. ’n Vrolike en blye fees. So word die woorde na ons teks oor die vrederyk wel gretig aangegryp. Die beeld van die wolf wat saam by die skaap wei en die luiperd wat by die bokkie gaan lê spreek wel aan.
Wat egter vergeet word is dat die liefde en vrede nie vir elkeen sonder uitsondering is nie. Luister maar na die woorde van ons teks. Die woorde van oordeel en gerig. Die woorde word liewers verswyg. Dit pas nie by die romantiese kerssfeer nie. Merkwaardig is egter dat die beloofde Messias juis as Regter aangekondig word. Wat kom die wonderlik takkie uit die stomp van Isai in die wêreld doen? Hy kom om te rig. Hy kom om die werk van ’n regter-koning doen. Hy kom om die verbondsreg tot gelding te bring. En dit beteken nie net bevryding maar ook veroordeling.
By die voorstelling van die beloofde kind in die tempel het Simeon daarvan gepraat: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot ’n val en ’n opstanding van baie in Israel (Lukas 2:34). Jesus self het later ook gesê: Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ’n man en sy vader, en tussen ’n dogter en haar moeder en ’n skoondogter en haar skoonmoeder. En ’n mens se huisgenote sal sy vyande wees (Matthéüs 10:34-36).
Christus se koms op aarde is dus werklik nie net lieflik en vredig soos gewoonlik voorgestel word nie. Sy koms is ’n hoogs ernstige saak. Hy bring die swaard. Hy bring skeiding tussen die mense. Hy kom as Regter.
Ek verkondig vir julle: die Koning op die troon van Dawid kom as Regter.
Hy is:
’n volmaakte regter
’n bevrydende regter
’n regverdige regter
Daar gaan wat gebeur wanneer die beloofde koning verskyn. Dan val die beslissings. Hy kom immers as Regter. Hy verskyn as koning van die reg. En dan kom hy nie allereers reg spreek oor die volke nie, maar Hy kom allereers onder die verbondsvolk, die kerk, die reg tot gelding bring. Dit gaan wat word. Die ou norme herstel in ’n gemeenskap wat daarvan afgewyk het. Jesaja kon daaroor meepraat. Hoe het die verbondsvolk van die reg afgewyk. Die reg van die kwesbares, soos die wees en weduwee, word vertrap. Korrupsie en omkopery is aan die orde van die dag. Vir ’n omkoopgeskenk word die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem (Jesaja 5:23). En wanneer Jesus verskyn, is dit nie beter nie. Inteendeel. Die oordeel moet begin by die huis van God. Alles moet skoon gevee word. Die tweesnydende skerp swaard van die koning moet daar deurheen. Die profeet Maleagi het dan ook uitgeroep: "Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers" (Maleági 3:2). Hy sal die vuil en die ongeregtigheid aan die oppervlakte bring.
Wie kan die dag van sy koms verdra? Watter sondige verbondskind kan bestaan wanneer Hy verskyn?
Hierdie regter is nie sommer enigiemand nie. Nie sommer ’n regter nie. Hy is ’n volmaakte regter. Die volheid van die Gees van die Here rus op Hom. Ons lees in vers 2: "en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here." Die begaafdheid van hierdie regter-koning is soos die menora, die sewearmige kandelaar. Regop in die midde staan die Gees van die Here. Aan weerskante is daar drie ligte wat daaraan ontspring.
As ons die beeldspraak aanhou dan sien ons as eerste die buitenste paar arme: die Gees van wysheid en verstand. Die Gees skenk hom die vermoë om die regte besluite op die regte tyd te neem. Die vermoë om die situasies goed in te skat en skerp te onderskei tussen goed en kwaad. Helder insig in die lewe, in die sake waaroor hy moet regspreek, in die aard van die mens. So lees ons in Johannes 2:25 dat Jesus Christus nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.
So kom ons by die tweede paar arms: die Gees van raad en sterkte. Hy is nooit raadop nie. Vir elke situasie weet Hy ’n goeie plan te bedink Saam met die raad het Hy ook die vermoë om dit uit te voer. Ons word herinner aan die pragtige name wat Jesaja reeds eerder vir die Messias gegee het: Wonderbare Raadsman en sterke God.
Ten slotte, die laaste paar arms, aan weerskante van die sentrale arm: die Gees van kennis en van die vrees van die Here. Alles wat tot nou toe genoem is, is gewortel in die kennis en vrees van die Here. Hy ken die Vader en dien die Vader soos geen ander nie. Hy leef in ’n innige verhouding met die Vader. Hy het volmaakte liefde vir die Vader. Dis sy lus en lewe om die wil van sy Vader te doen. Daarom volg daar in vers 3a: en Hy het ’n welgevalle aan die vrees van die Here. Sy hele persoon, al sy gedagtes, woorde en dade is gerig op sy Vader. Hoe opvallend is hierdie Regter-Koning. Werklik ’n volmaakte regter. Wat ’n kontras met alle aardse leiers.
So vervolg Jesaja dan ook: Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie. Aardse regters is afhanklik van wat hulle oë sien en hul ore hoor. Hulle kan nie verder as die bewysbare feite gaan nie, die openbare getuienisse. Hierdie regter sal egter nie afhanklik wees van wat hy sein en hoor nie. Hy het geen menslike getuienis nodig nie, want Hy weet wat in die mens is. Daarom kan geen bedrieglikheid Hom mislei nie. ’n Verkeerde voorstelling van sake word deur Hom onmiddellik onderken. Hy sal dwars deur mooi en skoon skyn heenstoot na die waarheid. Hy deursien die man en vrou wat ’n pragtige vertoning opsit. Sy oor luister skerp. Daarom maak ’n mooi verhaal geen indruk op Hom nie. Hy kyk daardeur heen. Hy hoor die onwaarhede wat daarin skuil, hoe goed jy dit ook dink te kan kamoefleer.
Dis broeders en susters, ’n waarskuwing vir elkeen van ons. Die Heiland kyk deur al die godsdienstigheid wat mense kan beïndruk en meesleep heen. Hy deursien ook alle onsuiwere motiewe in die stryd vir die waarheid. Hierdie regter los niemand uit nie. Hy deurgrond die hart van elke verbondskind, ja van elke mensekind. Hy stoot deur na die volle waarheid. Alle mooi skyn, kamoeflage verdwyn as sneeu vir die son. Met mooi woorde bly ons by Hom nêrens. Besef daarom die groot erns van die verskyning van Jesus Christus. Niemand kan agter mooi woorde, agter ander mense se sonde skuil nie. Jou diepste gedagtes en motiewe lê vir Hom oop en bloot. As die verskyning van die Here maar geen ontnugtering vir ons blyk te wees nie. As Hy maar nie ons aanklaer hoef te wees nie pleks van ons verlosser. Ware geloof laat ons ootmoedig met Psalm 139 sing: Deurgrond, o Here en ken die swart, verborge dieptes van my hart; of diep in my, waar U kan lees, ’n skadelike weg mag wees. En lei voortaan my wank’le skrede tog op die weg van eewge vrede.
In die twee punt wil ons sien dat die regter ’n bevrydende regter is.
Hoe is dit moontlik, sou ’n mens se. Die vrae van Maleagi is tog ernstige werklikheid: Wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Voor sulke deurdringende oë van daardie regter bly ek tog nêrens? Tog blyk dit dat dit die Regter allereers gaan om sy verlossende reg.
"Aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel." Hy kom om armes en sagmoediges te bevry.
Wie is dan die armes en sagmoediges? Dit is die vromes wat nou nog onder druk lewe. Hulle verkeer nog in die nood, dikwels vanweë die onreg wat hulle aangedoen word. Of as gevolg van die oordeel wat God oor sy afvallige volk laat kom. Maar hulle dra hul nood op die regte manier. Hulle is nie opstandig nie, maar hulle hoop op God, hulle verwag dit van die Here.
Maria het van die oormoediges gesing in haar lied: Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog. Die armes waar Jes van praat is die nederiges. Mense wat hier op aarde dikwels nie baie ryk is nie, mense wat dikwels sosiaal gesien gering is, maar wat hulle veral klein en gering teenoor die Here weet. Hulle praat nie groot van hulleself nie. Hulle dink nie allereers aan hul eie regte nie. Hulle neem ook nie die reg in eie hande nie. Hulle weet dat hulle van God afhanklik is en stel hul vertroue op Hom.
Wel, die ootmoediges gaan die Messias verlossend rig. Hy gaan hulle reg herstel en hulle verhef. Hy haal hulle onder die druk waarmee die hoogmoedige goddeloses hulle verdruk, vandaan.
Wanneer Maria daarvan sing dan sing sy van die Messiaanse werklikheid asof dit reeds geskied het. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi….en nederiges verhoog. Die wonderlike begin by haar – sy dra immers die beloofde koning in haar skoot – die wonderlike begin is vir haar ’n waarborg van die voltooiing van God se verlossingswerk. Sy sing in die verlede tyd. So seker is sy van God se saak.
Die ootmoediges ontvang dikwels nou nog nie hul reg nie. Hulle word geïgnoreer of verag, of selfs vervolg. Na die stem van die getroue Christene word nie geluister nie. Hulle word oorstem deur die geskreeu van die valse Christendom. Ja na die geskreeu word wel geluister omdat dit aansluit by die grootspraak en hoogmoed van die massa. Christus sê in sy bergrede: Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe. Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemel; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het."
Wat ’n pragtige vertroosting vir God se volk, ook in die tyd waarin ons nou lewe. Alles word gedoen om die stryd van God se getroue kinders belaglik te maak. Die sogenaamde wetenskaplike teologie moet help om te wys hoe sleg die ouderwetse Christene hul Bybel verstaan. Mense beredeneer alles op so ’n manier dat God se gebooie heeltemal nie meer sê wat hulle bedoel was om te sê nie. In die naam van die skynbare wetenskap word die dwaasheid en onbarmhartigheid van wat die gemeente bely ten toon gestel. En wat kan ons daarteen doen? Maar onthou, broeders en susters, Christus rig in geregtigheid. Hy oordeel die sagmoediges met billikheid. Hierdie regter is eerlik en opreg. Hy luister nie na die massa nie, Hy kyk nie met een oog na die massa nie om die reg van die ootmoediges daarna te buig nie om so politiek korrek te wees nie. Sy regspraak stel die ootmoediges, die getroue kinders van God in die gelyk, nou reeds deur sy woord en later by sy wederkoms in die openbaar wanneer die saak van die getroues bekend sal word as die saak van die Messias self.
Maar gemeente, hoe kan die deurdringende regspraak vir die ootmoediges ’n bevrydende regspraak wees? Die ootmoediges, die ware gelowiges is tog ook met sondes bevlek?
Die geheim van die verlossende regspraak lê in die term "geregtigheid". Hy sal in geregtigheid reg doen. En later sal Jes dit nog eers benadruk: Geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees. Hierdie regter is ’n regverdige regter, die derde punt. Die optrede van hierdie regter sal hom kenmerk deur geregtigheid en trou.
En dit wil sê: hierdie regter sal die verbonds- eise en beloftes in ag neem. By Hom en deur Hom sal die hele verbond tot sy reg kom. Christus sê dan self ook: "Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul." Om te vervul: by Hom kry die wet, die verbondsreg eindelik die syne. Hy gee die wet die volle som. Daarom kan Hy die verbondsheil waaroor die profete praat ook aan die ootmoediges uitdeel. In die saligsprekings word dit genoem: salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Ek kan die verskyning van die Regter verdra, nie omdat ek in my hart en wandel vlekkeloos sou wees nie, maar omdat ek die geregtigheid in Christus soek. Die ootmoediges besef hul eie sondigheid en nietigheid, die ootmoedige verneder hom onder die hand van die Here en verwag alles van Hom. Hy beywer hom nie vir eie regte nie, maar hy hunker na die reg wat hy uit genade ontvang. Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid wat in Christus geskenk word, want hulle sal versadig word.
Hierdie regverdige regspraak van die Christus het egter ook as keersy dat dit vernietigend is vir al sy vyande.
"Sion sal deur strafgerig verlos word en die van hom wat terugkeer, deur geregtigheid. Maar daar sal verbreking wees van die oortreders en die sondaars almal saam," sê Jesaja in hoofstuk 1:28, en "die wat die Here verlaat, sal omkom." Dis ’n hoogs ernstige boodskap vir die afvallige volk van God. Die oordeel begin by die huis van God. So verwys ook Maria in die eerste plek na die vernedering van die hoogmoediges in Israel, om te begin by Jerusalem.: skrifgeleerdes en Fariseërs kom bv onder die oordeel. Christus slaan hulle met die roede van sy mond. Lees maar die agvoudige wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs in Matthéüs 23. Christus kom met sy vernietigende oordeel.
Die oordeel is nie beperk tot die ontroue verbondsvolk nie. Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. Die woord van die messias Regter word voorgestel as ’n roede waarmee geslaan word. In Openbaring word van die Christus gesê dat ’n skerp tweesnydende swaard uit sy mond uitgaan. Die woord wat van Hom uitgaan is ’n swaard, ’n roede. Daarmee slaan Hy en verslaan Hy. Die woord kan dodelik wees. Die woord is dodelik as jy jou nie daaraan onderwerp nie.
Die woord word op die aarde gehoor. Die aarde is immers die opstandige gebied. Vanweë die sonde en afval moet nog geslaan word. Alle goddeloosheid en goddeloses moet verslaan word.
Broeders en susters, moenie die vervulling van hierdie woorde uitstel na Christus se wederkoms nie. Tydens Christus se omwandeling op aarde het die woord reeds geslaan. Wie die woord nie aanvaar het, het daarmee sy vonnis ontvang: "Hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel" sê Christus. en van die Heilige Gees sê Hy: "as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel" (Johannes 16:8).
Die woord van Christus wat Hy aan sy gemeente gegee het, is in die geskiedenis ’n magtige swaard, wat die sonde ontmasker en veroordeel. Goddeloses, hulle wat in hul sonde volhard, ontvang hul doodsvonnis. Ook vandag wanneer die woord getrou verkondig word. En uiteindelik by Christus se wederkoms sal die vonnis definitief uitgevoer word. Die goddeloses wat nog nie gestraf word nie, wat nou nog kans sien om die reg van die ootmoediges te vertrap, sal vir goed uitgeskakel word. So praat God in 2 Thessalonicense 2:8 van die vernietiging van die wettelose by Christus se wederkoms: "Dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak." Die hoogmoediges word in ’n oogwenk gevel. Hoogmoediges word van hul troon afgeruk en nederiges verhoog.
Daarom is die gedagte aan die oordeel vir die oortreders en goddeloses met reg ontsettend en skrikwekkend, maar vir die vromes en uitverkorenes begeerlik en troosryk. Want dan sal jou volle verlossing voltooi word, jou reg vir goed herstel word.
Gemeente laat ons by ons herdenking van die geboorte van Christus hierdie erns van Christus se verskyning goed voor oë hou. Dis werklik nie alles pais en vree rondom die geboorte van Christus nie. Christus se koms is nie net liefde en vrede nie. Hy het gekom nie net om vrede te bring nie, maar ook die swaard. Hy het as Regter gekom om God se reg weer tot gelding te bring. En daarmee het Hy gekom om skeiding onder die mense te bring. Aan die een kant is dit: Salig is die sagmoediges, salig is die wat honger en dors na die geregtigheid. Aan die ander kant is dit egter: Wee die goddeloses, wee die huigelaars wat skuil agter ’n vrome vertoning.
Broeders en susters, laat ons in ware geloof as ootmoediges ons Regter Koning uit die hemel verwag. Sy volmaakte, deurdringende regspraak sal dan ’n verlossende regspraak wees. Die sagmoediges sal die aarde beërwe. En die wat honger en dors na die geregtigheid sal versadig word. Wie is mos die volmaakte, regverdige regter koning? Is dit nie my verlosser nie wat Hom tevore in my plek voor die regbank van God gestel en alle vervloeking van my weggeneem het nie. Wie op Hom vertrou sal nie beskaamd word nie. Reg sal geskied.
AMEN

Liever Turks dan Paaps
Ha ha, ik zal commentaar geven als jij de volgende preek wilt beluisteren en van commentaar voorzien:
http://www.sermonaudio.com/play.asp?ID= ... D=japanese
Het is een preek van Ds. Takafumi Yoshimoto uit Japan met als titel: "Ooinaru Hakken" (De grote ontrekking) Ik zal verklappen dat hij over Genesis 1:1 gaat.
Nee, zonder gekheid. Ik zal hem kopiëren naar Word en op mijn gemak ontcijferen. Ik heb 2 kennissen, de één is zendeling geweest in ZA namens de Ger Gem en de ander is ouderling geweest in de Ger Gem van Randburg, dus is kom er wel uit.

Om de hokjesgeest van de Hollanders te bevredigen: Ds. Kleijn is predikant van de Vrye Gereformeerde Kerk van Suid Afrika, een kerkverband met correspondentieband met de Ger. Kerken Vrijgemaakt.
Wat de preek betreft: volgens mij oer-gereformeerd. Wet en Evangelie, aandacht voor het verbond, Sola Scriptura, geen poespas.
Aan de ene kant heel schrikbarend: Christus komt om de aarde te richten, óók Zijn verbondskinderen! Niks verbondsautomatisme, ook als kind van het verbond moet je door Zijn gerecht. Maar wat een troost als je mag schuilen achter Hemzelf. Dan ben je veilig. Niet vanwege je verdiensten, maar alleen uit genade.
Ik wou dat ik zulke preken meer hoorde.

Ik luister heel graag zuid-afrikaanse predikers. Ik hou wel van het taaltje, maar wat meer is, ik waardeer de boodschap enorm. Vooral de realiteit en de radicaliteit waarmee hun sprekdn vind ik belangrijk. Je kan zien dat veel zuid-afrikanen 'beinvloed zijn' door Andrew Murray. De spreker die jij bedoeld Anemoon, hoopt ook twee keer op de SRA te spreken in September. Dat zijn twee avonden achter elkaar. Vorig jaar is een collega van hem geweest. dhr Ettiene Maritz. Ik heb zelden zoveel onderwijs gehad. Dat is echt heel bijzonder geweest. De lezing is inmiddels uitgewerkt, en zal eerdaags wel op de site geplaatst worden. Ik verlang zo naar meer van deze boodschap.
Mooie preek trouwens Matthijs. Welke site heb je hiervoor bezocht?
mvrgr, Grace

Want de zaligmakende genade Gods is verschenen aan alle mensen.(SV, Titus 2:11)
-
- Berichten: 272
- Lid geworden op: 08 jun 2009, 10:33
- Locatie: Kaapstad
- Contacteer:
Re:
Dat hokjes-systeem heeft alleen maar schade en onheil gebracht.Herman schreef:Kan je ons ook vertellen, Matthijs, van welke Suid-Afrikaanse denominatie deze predikant is? Das leuk voor de beeldvorming, of voor mijn nederlandse hokjessysteem.
Nederland moet daar echt vanaf.
En er is maar 1 verbondsvolk, dat zijn de Joden.
Wij zijn de heidenen, die het van de genade moeten hebben
Sola Scriptura
Re: Re:
Je reageert op een discussie van 5 jaar oud! Matthijs is hier in jaren niet geweest...backtobasic schreef:Dat hokjes-systeem heeft alleen maar schade en onheil gebracht.Herman schreef:Kan je ons ook vertellen, Matthijs, van welke Suid-Afrikaanse denominatie deze predikant is? Das leuk voor de beeldvorming, of voor mijn nederlandse hokjessysteem.
Nederland moet daar echt vanaf.
En er is maar 1 verbondsvolk, dat zijn de Joden.
Wij zijn de heidenen, die het van de genade moeten hebben
Natuurlijk mag dat van mij, maar verwacht geen antwoorden van mensen die hier niet meer actief zijn.
Een lepel vol vriendelijkheid helpt de ander om de waarheid te slikken.
Re: Re:
Hij reageert op mij. En ik ben er nog wel.vlinder schreef:Je reageert op een discussie van 5 jaar oud! Matthijs is hier in jaren niet geweest...backtobasic schreef:Dat hokjes-systeem heeft alleen maar schade en onheil gebracht.Herman schreef:Kan je ons ook vertellen, Matthijs, van welke Suid-Afrikaanse denominatie deze predikant is? Das leuk voor de beeldvorming, of voor mijn nederlandse hokjessysteem.
Nederland moet daar echt vanaf.
En er is maar 1 verbondsvolk, dat zijn de Joden.
Wij zijn de heidenen, die het van de genade moeten hebben
Natuurlijk mag dat van mij, maar verwacht geen antwoorden van mensen die hier niet meer actief zijn.
ad. 1 Probeer jij de wereld maar te begrijpen zonder hokjes. Dat gaat je niet lukken,
ad. 2 a Ik zie de relatie tot wat er voor staat niet
ad. 2 b God sloot een verbond met Adam en met Noach, dat waren geen Joden.
-
- Berichten: 272
- Lid geworden op: 08 jun 2009, 10:33
- Locatie: Kaapstad
- Contacteer:
Re: Re:
De Joden naar religie, niet ras,vallen onder de WetMister schreef:De Joden kunnen het zonder genade?backtobasic schreef: En er is maar 1 verbondsvolk, dat zijn de Joden.
Wij zijn de heidenen, die het van de genade moeten hebben
Verder oordeel ik niet.
G'd heeft een plan met ze dat is zeker.
Sola Scriptura
Re: Re:
Het wordt me nog niet veel helderder. Joden kunnen zalig worden door het houden van de wet?backtobasic schreef:De Joden naar religie, niet ras,vallen onder de WetMister schreef:De Joden kunnen het zonder genade?backtobasic schreef: En er is maar 1 verbondsvolk, dat zijn de Joden.