Wat is een Herlevings-conferentie?

Grace
Berichten: 1269
Lid geworden op: 29 dec 2001, 12:20

Bericht door Grace »

HERLEWING - WIE SAL DIE PRYS BETAAL?

"Dit is die jaar 1904. Die hele Wallis is in oproer. Die volk het ver van God afgedwaal en ‘n geweldige geestelike verval het ingetree. Kerkdienste word swak bygewoon en sondige praktyke en sedelike en morele verval is aan die orde van die dag.

En toe skielik, soos ‘n magtige tornado, beweeg die Gees van God deur die hele land. Meteens is die kerke gepak. Soveel mense stroom na die dienste dat talle weggewys moet word. Dienste duur van tienuur soggens tot twaalfuur in die nag! Elke dag word drie aparte dienste gehou. Evan Roberts is die menslike instrument wat deur God gebruik word.
Nog nooit tevore het Wallis so iets beleef nie! Godloënaars kom tot bekering. Dronkaards, diewe en dobbelaars word gered en derduisende kom tot sonde-oortuiging en belydenis. Die verskriklikste sondes word bely; ou skulde word vereffen."

Effek
Die Here God het in 1904 groot dinge in Wallis gedoen. Die effek van daardie herlewing is op elke vasteland beleef. Dit was ook die begin van die herlewing in Suid-Korea wat vandag nog voortgaan – in so 'n mate dat ongeveer 30% van die bevolking as Christene gereken word. Gebed en evangelisasie speel ‘n belangrike rol in die huisgemeentes, selgemeentes en ook kerke. Sal dit nie wonderlik wees as ons dit in Suid-Afrika kan beleef nie!

‘'n Klompie jare na die herlewing in Wallis het ‘n man eendag by Evan Roberts gaan kuier en saam met hom gebid. Die man het aan Evan gevra of God Wallis ooit weer met Herlewing sal besoek? Na’n lang stilte het Evan met ‘n teenvraag geantwoord: wie sal die prys betaal?

Alle herlewings het een ding in gemeen. Iemand het die prys betaal. Die prys is om God vas te gryp en die saak deur te bid totdat God seën.

Die geheim van elke beweging van God se Gees is altyd dat ‘n persoon, groep of gemeente gewillig is om die prys te betaal. Die prys word deur God bepaal in elke geval waar individue verlang dat die Here iets groots moet doen. Daar is egter sekere dinge wat in alle geestelike herlewings na vore kom byvoorbeeld reinheid, heiligheid en gebed.

Suid-Afrika
Die vraag wat ons kan vra is: het Suid-Afrika dit nodig? Sal God weer 'n herlewing in Suid-Afrika laat posvat? Sommige mense glo nie so nie en is van mening dat dit nie nodig is om daaroor te praat nie. Hoeveel kerke is Sondae nie eers halfvol nie? Hoeveel bidure is nie reeds ontbind nie? Hoeveel leraars en predikers van God se woord wandel daagliks met God en hou stiltetyd? Sonde is aan die orde van die dag. Het ons nie te besig geword met die verkeerde dinge, instede daarvan om na herlewing te verlang en die prys te betaal nie?

Ons het so besig geword om metodes en tegnieke na te jaag om lewe daar te stel dat ons die ware lewe mis. Ek glo dat niks anders as die magtige werking van God se Gees ons uit hierdie tragiese toestand kan red nie. Herlewing kan weer hier in Suid-Afrika plaasvind. God kan dit weer doen.

God is gewillig
Die antwoord sal nie lank wegbly as God se voorwaardes nagekom word nie. God is gewillig, meer as gewillig, maar ons is nie gereed vir herlewing nie. Hy wag vir ons. Gaan u en ek Hom lank laat wag? Wie sal die prys betaal? Is dit dalk u?

Francois Carr (Herlewingskongresse SA)

[Aangepast op 21/9/04 door Grace]
Want de zaligmakende genade Gods is verschenen aan alle mensen.(SV, Titus 2:11)
Plaats reactie